Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-Instagram-resensie: Koekies met impak

Andriette Georgiou het die eerste keer in ons harte geklim toe ons haar leer ken het as die naaswenner van MasterChef SA, maar vandag het sy vir haarself naam gemaak as entrepreneur en bakker, ’n area waar sy beslis eerste plek wen vir enige iets rakende koekies en sosiale media-bemarking.

Mondvol het in September 2022 hul eerste koekie gebak. (Dis nie ’n gewone teetyd-koekie nie; die grootte is ten minste vier monde vol.) Net drie jaar later kan hulle spog met 101 unieke geure en bak hulle tot 5 000 koekies per dag. Tydens die Woordfees het Andriette in die Hofmeyrsaal gedemonstreer hoe mens een van die magiese koekies maak.

read more…👇

https://www.litnet.co.za/toyota-stellenbosch-woordfees-2026-instagram-resensie-koekies-met-impak/

Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
Scroll to Top