

My naam is Andriëtte en ek is gaande oor kos! Om
kreatief in die kombuis te wees en my vriende en familie
te bederf met goeie kos, is een van my groot liefdes. Die
hoogtepunt van ‘n verjaarsdagpartytjie is die oomblik
wat die koek uitgedra word. Of wag, seker eerder die
oomblik wat mens aan die koek kan smul…
In 2020 het die pandemie my lewe omgedolwe. Ek was
een van die ongelukkige statistieke wat my werk verloor
het, en het gegryp na ‘n nuwe bestaan. Deur die tyd het
ek soveel vreugde gevind in bak, en in 2021 het ek besluit
om ‘n Mondvol te begin. Nou word my dae gevul met
daardie verjaarsdagpartytjie oomblikke, waar ek mense
se dae kan vul met sjokolade, Italiaanse meringue en
spoggerige versierings.
Elke Mondvol koek is tuisgemaak en uniek. Dit is vir my
die grootste voorreg om deel van jou spesiale
geleentheid te wees.


My naam is Andriëtte en ek is gaande oor kos! Om kreatief in die kombuis te wees en my vriende en familie te bederf met goeie kos, is een van my groot liefdes. Die hoogtepunt van ‘n verjaarsdagpartytjie is die oomblik wat die koek uitgedra word. Of wag, seker eerder die oomblik wat mens aan die koek kan smul…
In 2020 het die pandemie my lewe omgedolwe. Ek was een van die ongelukkige statistieke wat my werk verloor het, en het gegryp na ‘n nuwe bestaan. Deur die tyd het ek soveel vreugde gevind in bak, en in 2021 het ek besluitom ‘n Mondvol te begin. Nou word my dae gevul met daardie verjaarsdagpartytjie oomblikke, waar ek mense se dae kan vul met sjokolade, Italiaanse meringue en spoggerige versierings.
Elke Mondvol koek is tuisgemaak en uniek. Dit is vir my die grootste voorreg om deel van jou spesiale geleentheid te wees.
Tuisgebakte ontwerpe
Gesels met my oor enige versoeke, drome, idees of wense – ek help graag om iets besonders vir jou te skep. ‘n Koek moet heerlik smaak, maar belangriker as dit, hy moet vreugde bring!
Kom ons sit koppe bymekaar en maak jou koekdrome waar.
Unieke ontwerpe begin by R250, maar is onderhewig aan die styl en kompleksiteit van die ontwerp.

Dit sal vir my die grootste voorreg wees om deel te vorm van jou funksie of geleentheid.
Bespreek my as ‘n gasspreker by hello@mondvol.co of kontak my op +27 (63) 841 4988.

Dit sal vir my die grootste voorreg wees om deel te vorm van jou funksie of geleentheid.
Bespreek my as ‘n gasspreker by hello@mondvol.co of kontak my op +27 (63) 841 4988.